Onoorwonne Pumas marsjeer voort in SA Beker

Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee. Luister hier:
Pumas derde op SA Beker-punteleer na weerlig wedstryd aflas

Weerlig het Vrydagaand ‘n einde gebring aan die SA Beker-kragmeting tussen die Toyota Cheetahs en verdedigende kampioene, die Airlink Pumas in Bloemfontein, met die wedstryd wat uiteindelik afgelas en as ‘n “geen-uitslag” aangeteken is. Die Pumas het met 10-7 voorgeloop maar beide spanne het twee ligapunte verdien onder kompetisie-reëls. Die Pumas lê gevolglik nou derde […]
Pumas bly op wenpad tydens SA Beker

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het die Oostelike Provinsie Vrydag met 47-10 by Mbombela-stadion geklop. Die span reis Vrydag na Bloemfontein vir ‘n kragmeting met die Cheetahs. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en Sam Sikiwe gesels ook met Sonop Ontbyt ook oor die Stonehouse 10’s die naweek. Luister weer:
SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:
Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer:
Pumas gerat vir SA Beker

Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af wanneer die SA Beker op 6 Maart begin. Die verdedigende kampioene se Chumani Booi en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle is gereed om hul titel van 2025 te verdedig. Luister weer:
SANGORA tweede keer in die Laeveld aangebied

Die fees skop vanaand reeds af, met die meeste aksie Vrydag en Saterdag.
Pumas struikel oor laaste hekkie in Curriebeker

Die Leeus, Griekwas, Cheetahs en Boland Kavaliers is deur na die halfeindronde van die Curriebeker met die Airlink Pumas wat vyfde op die punteleer geëindig het. Die Bulle het Saterdagaand ‘n geesdriftige terugvegpoging teen die Cheetahs afgeweer om met 35-31 in Pretoria te wen. In Kaapstad het die WP uiteindelik hul eerste oorwinning van die […]
Curriebeker: Haaie die finale hekkie vir Pumas

Die Pumas bly in die stryd vir die uitspeelrondes voor Vrydagaand se wedstryd teen die Haaie.
Pumas kan top vier betree met sege oor WP

Die DHL WP en Airlink Pumas speel Saterdag by die DHL-stadion in Kaapstad om 19:20.