Griekwas, Pumas vergroot gaping bo-aan punteleer voor kragmeting met mekaar

Die Pumas en Griekwas het die naweek in die SA Beker die punteverskil tussen hulle en hul teenstanders vergroot met klinkende oorwinnings in hul sesde ronde wedstryde.
Die Pumas het die Luiperds Vrydagaand met 85-0 by Mbombela-stadion geklop en Saterdag het Griekwas hul sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle die Oostelike Provinsie met 52-9 verslaan het.
Die Griekwas loop nou voor met 30 ligapunte, gevolg deur die verdedigende kampioene, die Pumas, drie punte agter in die tweede plek met 27.
Volgende sê hulle mekaar die stryd aan.
Sam Sikiwe en Ruwellyn Isbell kuier in die ateljee.
Luister hier: