Opdatering: Drie wat glo ietermagog probeer verkoop bly in aanhouding

Drie beskuldigdes het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn na hulle na bewering ‘n ietermagog vir R500 000 probeer verkoop het by ‘n skrootmetaalonderneming in Rocky Drift.  Hulle is gister tydens ‘n lokoperasie deur die Valke in hegtenis geneem. Mlebo Nkosi, Hilton Dlamini en Richard Mokwena bly in aanhouding tot Vrydag wanneer hulle vir borgtog aansoek […]

Sewe verdagtes verbind met minstens twee huisrowe aangekeer in Nelspruit

Ses Mosambiekse en een Suid-Afrikaanse verdagte is Donderdag in hegtenis geneem ná ‘n huisroof in Brondal, buite Witrivier. Volgens die polisie is ‘n gesteelde voertuig Woensdag verlate in bosse langs ‘n pad in Low’s Creek gevind. Die volgende dag is verdagtes in Mataffin, Nelspruit, vasgetrek. Hulle was na bewering in besit van die sleutels tot […]

Grensbestuursowerheid stel nuwe voertuigteikenstelsel by Lebombo bekend

Die Grensbestuursowerheid (GBO) sê hy beweeg weg van ondoeltreffende kontroles na doelgerigte onderskeppings wat deur intelligensie en tegnologie gedryf word, om oorgrens voertuigsmokkelary te bekamp. Die voertuigteikenstelsel span kameras in om gesteelde voertuie, gekloonde nommerplate en vervalste dokumente van eienaarskap te identifiseer. Die kommissaris van die GBO, Michael Masiapato, het gister die bekendstelling by die […]

Veldwagter en veearts 10 jaar tronkstraf opgelê vir renosterstropery in Krugerwildtuin

Die voormalige Krugerwildtuin-streekbewaarder, Rodney Landela, en die voormalige staatsveeartstegnikus, Kenneth Mochocho, is elk tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis op stropingsverwante aanklagte.  Hulle is tien jaar na hul arrestasie deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind op aanklagte van die onwettige jag van ‘n witrenoster in ‘n beskermde gebied sowel as die besit van ‘n vuurwapen met […]

Neem deel aan Amazing Race volgende week

Volgende Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race. Nomfundo Myeza vertel meer. Luister hier: Kontak 072-320-9842 vir meer besonderhede.

Learn Beyond the Label: Verstaan kinders met ADHD, disleksie beter

Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.  Luister hier: Kontak Broodryk by 071-417-1517 en registreer hier: