KluisKraak: Kompetisiebesonderhede, bepalings en voorwaardes

 

  • Die KluisKraak-kompetisie op 100.5FM begin amptelik op Maandag, 5 Oktober 2026.

 

  • Deelnemers moet probeer om ‘n voorafbepaalde ses-syfer-kode vir die kluis te raai.

 

  • Die kode word voor die aanvang van die kompetisie deur die stasiebestuurder vasgestel en bly onveranderd vir die duur van die kompetisie.

 

  • Daar sal twee kompetisiegeleenthede per weeksdag wees (openbare vakansiedae uitgesluit) – een tydens Sonop Ontbyt en een tydens die Middag Game Drive.

 

  • Die tye van die kompetisieoomblikke sal daagliks min of meer dieselfde wees en vooraf aangekondig word.

 

  • Inskrywings kan slegs via WhatsApp (061-496-4323) by die stasie ingedien word.

 

  • Slegs een inskrywing per luisteraar word vir elke kompetisieoomblik toegelaat.

 

  • Alle inskrywings moet skriftelik wees; stemnotas sal nie oorweeg word nie.

 

  • Slegs inskrywings wat tydens die kompetisieoomblik ingedien word, sal oorweeg word.

 

  • Die aanbieders sal tydens elke kompetisieoomblik aandui wanneer die WhatsApp-lyn oop is vir inskrywings.

 

  • Inskrywings moet die deelnemer se ses-syfer-kode bevat sowel as hul naam en van.

 

  • Aanbieders sal tydens elke kompetisieoomblik die derde toepaslike WhatsApp-boodskap wat ontvang word, kies en die raaiskoot op die lug deel.

 

  • Die aanbieders sal dan aandui of die korrekte kode “hoër” of “laer” is as die luisteraar se raaiskoot.

 

  • Geen verwysing na vorige raaiskote sal deur die aanbieders gedeel of herhaal word nie.

 

  • Slegs een deelnemer se raaiskoot per kompetisieoomblik sal op die lug gedeel word.

 

  • Die eerste geselekteerde deelnemer wat die voorafbepaalde ses-syfer-kode korrek raai, wen die kontantprys van R10 000.

 

  • SLEGS luisteraars wat fisies in die Laeveld-streek woon, kom in aanmerking om aan die KluisKraak-kompetisie deel te neem en/of dit te wen.

 

  • GEEN werknemers of onafhanklike kontrakteurs van 100.5FM, of hul familielede, kom in aanmerking om deel te neem of te wen nie.

 

  • GEEN werknemers of onafhanklike kontrakteurs van BUCO, of hul familielede, kom in aanmerking om deel te neem of te wen nie.

 

  • Deur deel te neem, stem alle deelnemers daartoe in en bevestig hulle dat, indien hulle wen, hulle beskikbaar sal wees vir ‘n fotosessie van die oorhandiging by 100.5FM se perseel – en dat sodanige besonderhede en beelde deur 100.5FM op al hul relevante sosialemediaplatforms en webtuiste gedeel mag word.

 

  • Uitbetaling van die prysgeld sal per EFT na die wenner se bankrekening geskied, binne vier weke na bevestiging van die wenner se bankbesonderhede.

 

  • GEEN geskille sal oorweeg word nie en die besluit van die stasiebestuurder van 100.5FM, wat die enigste gesag en toesighouer van die kompetisie is, sal bindend en finaal wees.