Pumas skuif op na tweede op SA Beker-punteleer na hulle Bulldogs looi

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met ‘n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion buite Oos-Londen Saterdag.

Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings.

Hulle word gevolg deur die Pumas wat met 22 punte opskuif bo die SWD Arende weens ‘n beter punteverskil.

Die Pumas is hierdie Vrydagaand weer tuis in aksie wanneer hulle die Luiperds verwelkom.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier in die ateljee.

Luister: