Griekwas troef Pumas in SA Beker

Die Pumas het die naweek met 34-44 teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer met twee rondes oor.

Die top vier spanne kwalifiseer om vanjaar in die Curriebeker te speel.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, is egter opgewonde dat die Pumas die geleentheid gaan kry om hulself teen internasionale kompetisie te meet tydens die Toyota Challenge.

Die Pumas, Griekwas en Cheetahs speel in Junie teen Georgië, Portugal en Romenië A in Bloemfontein en weer in Oktober in Tbilisi in Georgië.

Hy kuier saam met spanbestuurder, Sam Sikiwe, by Sonop Ontbyt.

Luister weer:

Die Pumas is die naweek weer tuis in aksie wanneer hulle Sondagmiddag gashere speel vir die Boland Cavaliers by Mbombela-stadion.