Verkiesingsdag: Wat jy moet weet voor Woensdag

Suid-Afrikaanse kiesers sal in volgende week se plaaslike regeringsverkiesing twee of drie stembriewe ontvang, afhangend van waar hulle geregistreer is.

Kiesers in plaaslike munisipaliteite sal drie stembriewe by die stembus ontvang.

Met die eerste stembrief kies hulle ’n wyksraadslid, terwyl die tweede hulle die geleentheid bied om ’n politieke party te kies om hulle op die raad te verteenwoordig.

Met die derde stembrief kies hulle ’n politieke party om hulle op die distriksmunisipale raad te verteenwoordig.

Waar moet jy Woensdag stem? SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind. Om te bepaal of jy goedgekeur is vir ‘n spesiale stem, SMS dit na 32711.

Thando Chembeni van die Verkiesingskommissie gesels met Sonop Ontbyt oor alles wat jy moet weet voor die plaaslike regeringsverkiesing.

Luister hier: