Verkiesingsdag: Wat jy moet weet voor Woensdag

Suid-Afrikaanse kiesers sal in volgende week se plaaslike regeringsverkiesing twee of drie stembriewe ontvang, afhangend van waar hulle geregistreer is. Kiesers in plaaslike munisipaliteite sal drie stembriewe by die stembus ontvang. Met die eerste stembrief kies hulle ’n wyksraadslid, terwyl die tweede hulle die geleentheid bied om ’n politieke party te kies om hulle op […]