Die MTPA Laeveld Lugskou is vanjaar amptelik twee dae lank.
Die lugskou word dikwels geprys vir sy hoë energie en suksesvolle uitvoering, wat dit ‘n uitblinker op die nasionale lugvaartkalender én gereelde wenner van die toekenning vir die beste lugskou in die land maak.
Vanjaar skop die aksie op Vrydag 1 Mei af met die Simfonie van Vuur en Vlug met ‘n 30-stuk orkes, warmlugballonne, vliegtuigvertonings en vuurwerke.
Saterdag 2 Mei vind die groot lugskou plaas met asemrowende toertjies, gesinsvermaak en hoë-oktaan lugvaartaksie.
Alichia van Ee gesels met Sonop Ontbyt.
Luister hier:




