VLU Odonata hou fyntee

Die VLU Odonata hou volgende Saterdag ‘n fyntee. Mariëtte Joubert gesels met ons oor die organisasie se ryk geskiedenis. Luister: Vir meer kontak Joubert by 083-334-0303.

SANParke verwelkom skuldigbevinding in dekade lange renosterstropery-saak

SANParke het die skuldigbevinding van ‘n voormalige Krugerwildtuin-streekbewaarder Rodney Landela en voormalige staatsveeartstegnikus Kenneth Mochocho verwelkom, op aanklagte van die onwettige jag van ‘n witrenoster in ‘n beskermde gebied, sowel as die besit van ‘n vuurwapen met die doel om ‘n misdaad te pleeg.  Die saak dien al ongeveer tien jaar voor die howe.  Vier […]

N4-konstruksie: Dis hoekom

Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee ‘n opdatering van wat aangaan. Luister hier:

Twee in hegtenis geneem na Valke daggaplantasie en vuurwapens buite Nelspruit ontdek

‘n 71-jarige man en ‘n 32-jarige vrou is gister in hegtenis geneem op ‘n plaas buite Nelspruit met ‘n daggaplantasie, verwerkte dagga-ekstrak, vuurwapens en ammunisie. Volgens die Mpumalanga Valke is twee gewere, twee handwapens en ‘n groot hoeveelheid ammunisie tydens die multidissiplinêre operasie in beslag geneem. Die Valke sê voorlopige inligting dui daarop dat die […]

Nog vermeende onwettige mynwerkers aangekeer – die keer in Sabie

Dertien vermoedelik onwettige mynwerkers, insluitend twee vroue, is Sondag in Sabie as deel van Operasie Vala Umgodi aangekeer. Volgens die Mpumalanga-polisie is 12 van hulle burgers van Mosambiek en een kom van Eswatini. Hulle moet vandag in die hof verskyn. Saterdag is nege vermoedelik onwettige mynwerkers by Mashoboto in Schoemanskloof gearresteer (sien hiernaas). Die polisie […]

Tweede liggaam langs N4 ontdek na skietery

Nog ‘n liggaam is vanoggend langs die N4 Schoemanskloof ontdek, na ‘n skietery gisteraand.  Die eerste liggaam is gisteroggend gevind. Daar word vermoed dat dit verband hou met onwettige mynwerkers in die area.  ‘n Skietery het owerhede ook Dinsdagoggend genoop om dié roete tydelik te sluit vir verkeer.  Volgens Moeti Mmusi, die woordvoerder van die […]

Malelane-hek môre gesluit weens jeugprotes

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke sê die Krugerwildtuin se Malelane-hek sal môre tydelik gesluit wees weens ‘n beplande optog deur werklose jeugdiges van Nkomazi. Die organiseerders beplan ‘n vreedsame optog om kwellinge te opper oor kwessies wat werklose jongmense in die area aangrensend aan die wildtuin raak. Volgens SANParke was pogings om met die organiseerders te vergader voor die […]

Borgtog toegestaan aan verkragting-beskuldigde in Nelspruit

Die bekende 32-jarige figuur in plaaslike gesondheidsorg- en fiksheidskringe wat aangekla word weens seksuele aanranding en verkragting is borgtog van R2 000 toegestaan in die Nelspruit-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 15 Oktober vir verdere ondersoek. Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy twee keer per week by die Nelspruit-polisiestasie moet aanmeld. Hy mag ook nie […]