Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat die bekende 32-jarige figuur in plaaslike gesondheidsorg- en fiksheidskringe wat Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding ook van verkragting aangekla word.
Die beskuldigde mag nie geïdentifiseer word tot hy in ‘n hof gepleit het nie.
Monica Nyuswa, die NVG-woordvoerder in Mpumalanga, sê die voorvalle met die 16-jarige slagoffer het na bewering op twee verskillende geleenthede tussen Januarie en Februarie vanjaar plaasgevind.
Die saak is uitgestel tot Vrydag vir ‘n formele borgaansoek.





