Die liggaam van ‘n man is vanoggend by Mashobote naby Schoemanskloof gevind.
Volgens Donald Mdhluli, ‘n woordvoerder vir die Mpumalanga-polisie, volg dit op berigte van skietery in die area gister, waarby beweerde onwettige mynwerkers betrokke was.
Die N4 was vir ure weens die beweerde skietery gesluit.
Mdhluli sê toe die polisie gister op die toneel aankom, is slegs bloedvlekke gevind.
Twee lewendige patrone en ‘n leë magasyn vir ‘n AK-47-geweer is ook gekonfiskeer.
Die liggaam is deur ‘n lid van die gemeenskap ontdek.
Die oorsaak van dood en die man se identiteit is tans onbekend.
Intussen het die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, die voorval en padsluiting veroordeel.
Die departementele woordvoerder, Moeti Mmusi:
Luister:





