Herfsakker vier twee se 100ste verjaarsdae saam

SAVF Herfsakker het vanoggend ‘n spesiale partytjie gehou om die 100ste verjaarsdae van nie een nie, maar twee inwoners dié maand te vier.  Ouma Sakkie Potgieter het reeds op 12 Maart haar verjaarsdag gevier en Ouma Anna de Beer verjaar vandag.  Die tehuis het besluit om vir albei saam ‘n groot makietie te hou.  Ouma […]

Jazz en Bluesfees op pad na Waterval Boven

‘n Jazz en Bluesfees vind oor Paasnaweek in Waterval Boven plaas. Barbora Tellinger en John Fresk gesels met die Middag Game Drive oor die fees by Stone Circle Lodge van 3 tot 6 April. Luister hier:

Sheri Brynard deel inspirasie vir Wêrelddag vir downsindroom

Sheri Brynard is een van die bekendste Suid-Afrikaners met downsindroom. Sy gesels met ons voor Wêrelddag vir downsindroom wat jaarliks op 21 Maart plaasvind. Luister hier: 100.5FM het ook die dag vandag by die kantoor gevier met “Different Sock Day”. Boeta Roux het ook spesiaal by ateljee kom inloer.

Spanwerk bring ‘Love Revolution’ vir Paasfees op die planke

Die Passiespel “A Love Revolution: How one man changed the world” is ‘n gemeenskapsprojek wat verskillende kerke, kore, groepe danseers en musikante van oor die Laeveld betrek. Ds. Alisna Slabbert gesels met 100.5FM. Luister: Dit vind 27 en 28 Maart by die NG Suid-gemeente in Nelspruit plaas.

Klein Caleb kry breinoperasie in Kaap

Klein Caleb van Wyk het Maandag ‘n breinoperasie ondergaan vir sy hemimegalencephaly (HME). Dit is ‘n uiters seldsame en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei en onbeheerbare epileptiese aanvalle veroorsaak. Die linker peri-insulêre hemisferotomie is by die Constantiaberg Mediclinic in Kaapstad uitgevoer. Die prosedure behels dat die geaffekteerde kant van sy […]

Rolstoele beskikbaar deur MAPD

Die Mpumalanga Association of & for Persons with Disabilities (APD) het rolstoele beskikbaar vir diegene wat dit benodig. Doen teen Vrydag aansoek. Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of kontak 060-982-9528. TK Khumalo vertel wat jy benodig om aansoek te doen. Luister weer:

‘Relay’ teen kanker die naweek

Die jaarlikse KANSA Relay for Life vind Vrydag tot Saterdag by Laerskool Laeveld plaas. Sandra Jacobs sê dit is ‘n fondsinsameling, maar ook ‘n gebaar van solidariteit met kankerpasiënte, hul geliefdes en versorgers. Amper 70 spanne het reeds ingeskryf. Luister weer: