Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Ruben Roos: ‘Die lewe is ‘n lied’

Die plaaslike musikant Ruben Roos het onlangs sy jongste enkelsnit, Die lewe is ‘n lied vrygestel. Hy gesels met die Middag Game Drive. Luister hier:
Middag Live op die Middag Game Drive met Jakkie Louw

Jakkie Louw het gister by die Middag Game Drive aangesluit vir ‘n Middag Live. Luister hier:
CMDA skort bedrywighede op

Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het alle bedrywighede van vandag af opgeskort weens finansiële druk. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane sê die brand wat hul hoofkwartier in Witrivier en instrumente in November beskadig het, het […]
INpowered: Reëls gee jou beter kans in misdaadsituasie

Mense doen dikwels simpel dinge wat hul risikoprofiel verhoog, want hulle weet nie van beter nie. Mark Grobbelaar, die stigter en uitvoerende beampte van INpowered, sê ‘n paar eenvoudige reëls kan jou en jou naastes se blootstelling aan geweldadige misdadigers verlaag. Hy kuier in die ateljee saam met Lauren Barnard saam met wie hy INpowered […]
Chimp Eden knap besoekersentrum op, onthou Jane Goodall

Chimp Eden het Saterdag sy nuut opgeknapte besoekersentrum bekendgestel. Elk van die 33 sjimpansees wat tans hier woon se storie word pragtig gedeel sowel as die besonderhede van waar en hoe hulle gered is. Dit is alles moontlik gemaak deur bydraes van die gemeenskap. Die raadsvoorsitter, Evelyn Deiner, het ‘n oorsig gegee oor die 20 […]
Skenk môre by i’langa Mall bloed

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) hou môre ‘n bloedskenkingsveldtog by i’langa Mall 09:00 tot 17:00. 100.5FM saai regstreeks uit die oggend. Palesa Mazibuko vertel vir Sonop Ontbyt meer. Luister weer:
Laevelders wen Expedition Africa

Die Laeveld se Expedition Africa Adventure Race-span, Jabberwock, het op 20 Maart ‘n opwindende oorwinning in die 2026 Drakensberg-resies behaal na ‘n uitmergelende 500 km om die wenstreep voor die Russiese nasionale span, Wild Trials, oor te steek. Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell en DeWaal Visser is die spanlede. Luister weer:
Geraas: ‘n Ode aan ADHD

Die plaaslike rocker en radio-omroeper Coenie Naudé se jongste enkelsnit klink soos niks wat jy al uit sy pen gehoor het nie. Geraas word môre amptelik vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Gebruik NLP om angstigheid te onderbreek

Jess Burgess, ‘n neuro-linguistiese programmering (NLP) praktisyn bied volgende naweek ‘n werkswinkel aan om jou te help om jou angs beter te beheer. Sy gesels met die Middag Game Drive. Luister: