Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister:

SA onderwysers brand uit

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is ‘n krisis met tot soveel as 70% van opvoeders wat dit na berigte ervaar, en byna 50% wat die beroep binne hul eerste vier jaar verlaat. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings. Luister hier:

Hoe gemaak met teistering in die werkplek?

Linda Brenchley, ‘n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende tipes teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen. Luister hier:

Luilekker Sondag: Lanie Rischmuller

Die sangeres Lanie Rischmuller was Sondag ons gas tydens Luilekker Sondag. Luister weer: Bly Sondae om 10:00 ingeskakel vir ons fokus op plaaslike eg-Laeveldse kunstenaars.

Ereveldwagters vier wildtuin se 100ste

Die SANParke Ereveldwagters Laeveld ondersteun reeds sedert 1964 die Krugerwildtuin se werksaamhede. Op die vooraand van die ikoniese park se 100ste verjaarsdagviering, gesels Jacques Malan met Laeveld Brunch. Luister:

Innibos hou fees lekker vir ‘locals’

Innibos bied Saterdag weer Local is Lekker-weekkaartjies teen afslag vir Laeveld-inwoners by i’langa Mall. Naranda Leeuwner verduidelik watter ander pryse jy ook kan wen. Hannes Diedericks en Lourens van der Westhuizen het ook tydens Sonop Ontbyt toegangskaartjies gewen. Luister hier:

KLCBT hou volgende maand konferensie

Vanjaar fokus die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) se konferensie vir ‘n hele dag slegs op toerisme, en ‘n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel na watter sprekers jy kan uitsien op 11 en 12 Junie.