Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy ‘n KLM-beurs.
Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is.

Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies te word.
Hul afrigters, Brandon Potgieter en Timothy Orchard, kuier saam in die ateljee.
Luister weer:




