Tyd vir introspeksie na Pumas se tweede Curriebeker-nederlaag

Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel in die tweede ronde van die Curriebeker-premierafdeling die naweek.

Afrigter Ruwellyn Isbell en spanbestuurder Sam Sikiwe sê vir Sonop Ontbyt individuele foute wat die span drie geelkaarte besorg het, het hulle bes moontlik die wedstryd gekos.

Die Pumas speel Saterdag in Pretoria teen die Bulle.

Luister: