Die vierjarige Luca Naidu is sowat twee jaar gelede met periventrikulêre leukomalasie (PVL) gediagnoseer.
Dit is ‘n tipe breinbesering wat by vroeggebore babas kan voorkom.
PVL affekteer die witstof van die brein, wat ‘n belangrike rol speel in die oordrag van boodskappe tussen verskillende dele van die brein, die rugmurg en senuweeselle.

As gevolg van die PVL het Luca spastiese diplegie ontwikkel – ‘n vorm van serebrale gestremdheid.
Sy toestand veroorsaak aansienlike spierspanning en styfheid, veral in sy bene, heupe en bekken. Dit maak beweging, staan en loop vir hom uiters uitdagend.

Sy ma, Nikita Naidu, vertel meer oor die mediese behandeling wat hy benodig.
Luister hier:
Besoek die BackaBuddy-veldtog hier: One Small Boy. One Big Fight.




