‘n 40-jarige man het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met ‘n uitgebreide ondersoek na korrupsie verwant aan renosterstropery bekend as Project Blood Orange.
Martin Prince Lekhuleni is gister in hegtenis geneem kort na hy weens in ander saak in die hof verskyn het.
Die ondersoek het na bewering finansiële transaksies en kommunikasie aan die lig gebring wat hom verbind met ‘n afgedankte ondersoeker van die Valke, wat reeds in dieselfde saak teregstaan op aanklagte van korrupsie.
Volgens die Valke is Lekhuleni in 2020 gearresteer na ses renosterhorings in sy huis ontdek is.

Hy is in 2022 weer gearresteer ween ammunisie, geklassifiseerde dokumente en versteekte kontant in sy besit.
Lees meer: Nog arrestasies in Operasie Blood Orange
Lekhuleni is borgtog van R1 000 toegestaan.
Die saak is tot 23 Februarie uitgestel.





