Die polisie het ‘n gesteelde Lamborghini teruggevind tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Witrivier Vrydag.
Die voertuig is in 2021 in Durban as gesteel aangemeld.
Owerhede het op inligting gereageer dat dit by ‘n huis in ‘n landgoed in Witrivier gehou word.
Die Lamborghini – sonder nommerplate – is saam met ‘n Mercedes-Benz en BMW in ‘n motorhuis gevind en gekonfiskeer.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê ondersoeke aan die gang om die eienaar van die huis op te spoor.
Luister:




