Drie mense, waaronder twee toeriste, sterf in botsing op N4 naby Ngodwana

Drie mense, insluitend twee toeriste van Ierland*, het gesterf in ‘n botsing waarby verskeie voertuie op die N4 naby Ngodwana betrokke was.

Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid se Zandile Mavuso het ‘n vragmotor Woensdagmiddag op die Kaapsehooppad deur die kruising jaag en met drie voertuie op die N4 gebots.

Dit sluit twee bakkies en ‘n sportnutsvoertuig in.

Die man en vrou van Ierland was die bestuurder en passasier van die sportnutsvoertuig en is saam met die een bakkiebestuurder, van Mosambiek, op slag dood.

Die ander twee bestuurders is ernstig beseer en na Kiaat-hospitaal gehaas.

Luister:

Die LUR, Jackie Macie, het sy innige meegevoel met die families van die oorledenes betuig en die beseerdes ‘n spoedige herstel toegewens.

*Hierdie artikel is na publikasie aangepas om die nasionaliteite van die oorledenes te korrigeer.