Malelane-hek môre gesluit weens jeugprotes

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke sê die Krugerwildtuin se Malelane-hek sal môre tydelik gesluit wees weens ‘n beplande optog deur werklose jeugdiges van Nkomazi.

Die organiseerders beplan ‘n vreedsame optog om kwellinge te opper oor kwessies wat werklose jongmense in die area aangrensend aan die wildtuin raak.

Volgens SANParke was pogings om met die organiseerders te vergader voor die optog onsuksesvol.

Die hek sal daarom vanaf 08:00 gesluit wees as ‘n voorsorgmaatrël om alle betrokke partye se veiligheid te verseker.

Besoekers word aangemoedig om alternatiewe toegangshekke te gebruik.