‘n Derde verdagte is in Zimbabwe in hegtenis geneem weens die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin verlede maand.
Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor.
Die 26-jarige Mosambiekse burger het glo oor die grens gevlug na twee ander verdagtes vroeër vandeesmaand aangekeer is in Mosambiek, waar die slagoffers se voertuig ook teruggevind is.
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die samewerking in wetstoepassing met Suid-Afrika se buurlande geprys.
Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het ook die doeltreffendheid van oorgrenspolisiëring geloof.
Luister:
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, het ook die arrestasie verwelkom.
Hy sê dit beklemtoon die belangrikheid van oorgrenssamewerking om misdaad te bekamp.




