Pumas doen wat hulle moet om Griekwas te stuit
Written by Mireille on April 22, 2025
Die Airlink Pumas het drie groot wedstryde wat wag in die SA Beker.
Kaptein, Clinton Swart, en onderkaptein, Ruwald van der Merwe, praat oor voorbereiding met Sonop Ontbyt voor hul kragmeting met die Griekwas Vrydagaand by Mbombela-stadion.
Slegs hierdie twee spanne is nog onoorwonne in die kompetisie, met die verdedigende kampioene tans bo-aan die punteleer.
Luister weer: