Groot kragonderbreking in Nelspruit weens kabeldiefstal
Written by Mireille on August 23, 2024
Die hooftoevoerkabel na die sentrale sakekern in Nelspruit is weens kabeldiefstal beskadig.
Volgens Mbombela is ongeveer 30 m kabel gesteel en sal groot dele van Nelspruit na verwagting vir nog ongeveer ses ure ‘n kragonderbreking ervaar.
Herstelwerk is onderweg.
Motoriste is aangeraai om groot verkeersontwrigtings gedurende hierdie tyd te verwag.
Sien ook: Ouers aangemoedig om kinders te registreer vir 2025 skooljaar