Strate in Komatipoort word sedert vroegoggend versper deur protesteerders. Volgens berigte hou dit verband met diensleweringskwessies. Mense word aangeraai om eerder die sakekern te vermy. Tans word die N4 nie hierdeur geraak nie.