Dieremaniere: Chris Hobkirk oor alles van ‘n seekoei tot ‘n slang
Written by Mireille on August 12, 2021
Laevelders is diereliefhebbers en dis nie ongewoon om met wilde diere in kontak te kom nie. Jy kry egter wilde diere en dan kry jy wilde diere, sê Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parkeraad (MTPA) vir Sanett.
Luister weer hier na die volledige gesprek.
Volgens Hobkirk sal dieselfde diere verskillend optree in omgewings soos die Krugerwildtuin, Marlothpark, ‘n plaas en ‘n wildlandgoed. “Diere doen net wat hulle doen. Jy moet optree met respek,” sê hy. “Mense maak hierdie situasies vir hulself gevaarlik.”