Die Kaapschehoop Conservancy doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om sewe perde te vind wat sedert einde van Maart vermis word.
Die hings, drie merries en drie vulletjies is gewoonlik naby die Kaapsehoop Gasteplaas-ingang gewaar, ongeveer 25 km vanaf Nelspruit op pad na Kaapsehoop.
‘n Beloning van R5,000 word aangebied vir enige inligting oor waar hulle hulle bevind, of of verifieerbare inligting oor wat met hulle gebeur het.
Kontak [email protected].










