VIBE Innibos bekendgestel

VIBE Innibos se meesterklas-program is gisteraand amptelik bekendgestel.

Dié driedag intensiewe jeugkunstesimposium en -ekspo is in samewerking met die Innibos Nasionale Kunstefees op die been gebring.

Die program sluit meestersklasse wat aangebied word deur 28 verskillende kenners in teater, dans, kuns en musiek in.

Steven Schamrel, die projekkoördineerder van VIBE Innibos, sê dit maak die program ’n besonderse geleentheid vir die gemeenskap en veral die jeug.

“Die jeug van vandag is immers die kunstenaars en gehore van môre,” sê hy.

Vind meer hier uit.