Innibos 2026 – 100.5FM was IN

Die Radio Laeveld 100.5FM-span was behoorlik IN vir vanjaar se Toyota Innibos Nasionale Kunstefees.
Spanning, satire, humor op die Innibos-spyskaart

Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos Kunstefees. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met ‘n D. Luister hier:
Het van Verlangekraal op die planke by Innibos

Die klassieke verhaal Het van Verlangekraal word vanjaar die eerste keer as teaterproduksie opgevoer. Charl Senekal, bedryfsbestuurder van Lefra Produksies, gesels met Laeveld Brunch voor Innibos volgende week. Luister weer:
Innibos 2026 kom al nader – is jy IN?

Daar is minder as ‘n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop flink en feesgangers moet veral produksiekaartjies opraap terwyl hulle nog kan. Luister:
Innibos hou fees lekker vir ‘locals’

Innibos bied Saterdag weer Local is Lekker-weekkaartjies teen afslag vir Laeveld-inwoners by i’langa Mall. Naranda Leeuwner verduidelik watter ander pryse jy ook kan wen. Hannes Diedericks en Lourens van der Westhuizen het ook tydens Sonop Ontbyt toegangskaartjies gewen. Luister hier:
Innibos vier Laeveld se eie sterre

Innibos is ‘n trots Laeveldse kunstefees en sluit altyd ‘n gesonde dosis plaaslike kunstenaars IN. Die fees vier ook die week “Local is Lekker” met weekkaartjies wat vandag teen ‘n spesiale aanbod verkoop word. Bykans ’n derde van die kuierverhoog-kunstenaars kom uit eie bodem. “Ons is ongelooflik trots daarop dat soveel van ons eie Laeveldse […]
Alles wat IN is op die verhoog, begin by Toyota Innibos

As daar ooit ’n tyd was om alles wat IN is eerstehands te beleef, is dit tydens vanjaar se Toyota Innibos vanaf 2 tot 5 Julie. Verkope van produksiekaartjies open Donderdag, 30 April en feesgangers word genooi om hulself te verdiep in die wêreld van teater. Naranda Leeuwner vertel vir Sonop Ontbyt waarna feesganders alles […]