Comrades-wenner vertel van sege

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop ‘n nuwe rekord opgestel. Hy het met Coenie Naudé gesels tydens die Middag Game Drive. Luister: 

Laeveld se krieketster Katie Prior sprei vlerke met toer na Japan

Van die Laeveld na Japan… Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse krieketprestasies in Japan. Luister hier:

Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister:

Pumas lek lippe af vir Toyota Challenge

Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af. Dié internasionale rugbytoernooi bied die Pumas, Griekwas en gasheer Cheetahs waardevolle blootstelling teen internasionale spanne. Tydens die eerste been word alle wedstryde in Bloemfontein gespeel, en in Oktober reis die spanne na Georgië. Die Suid-Afrikaanse spanne se teenstanders is die Black Lions van Georgië, Portugal (ook […]

Danie Rossouw-uitsoekspan op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Pumas bespreek SA Beker-eindstryd teen Griekwas

Die Griekwas en die Pumas sal mekaar vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal ontmoet na beide spanne hul halfeindronde gewen het. Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Cheetahs met 42-36 geklop in ‘n opwindende kragmeting in Mbombela. Die eindstryd vind Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley plaas. Luister:

Pumas opgewonde voor tuis halfeindstryd

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley. Dié vier spanne het ook gekwalifiseer vir vanjaar se Curriebeker Premierafdeling. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Twee van Mpumalanga op pad na Statebondspele vir Skaak

Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit by die span om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Meesters Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive. Luister hier: