Pumas lek lippe af vir Toyota Challenge

Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af.

Dié internasionale rugbytoernooi bied die Pumas, Griekwas en gasheer Cheetahs waardevolle blootstelling teen internasionale spanne.

Tydens die eerste been word alle wedstryde in Bloemfontein gespeel, en in Oktober reis die spanne na Georgië.

Die Suid-Afrikaanse spanne se teenstanders is die Black Lions van Georgië, Portugal (ook bekend as die Lusitanos-span) en Roemenië ‘A’.

Die Pumas, wat sopas hul SA Beker-titel verdedig het, se Wian Van Niekerk en Darren Adonis gesels met Sonop Ontbyt.

Luister: