Twee renosterkalfies in NKW gered 

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]

Vier op pad na Expedition Africa Back to the Berg

Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer. Luister weer:

Gesinsadvokaat besleg geskille tussen ouers

Die Gesinsadvokaat is hier om ouers by te staan wanneer geskille opduik oor hul verantwoordelikhede en regte. Ons gesels met Francois Rawlinson, ‘n familieadvokaat. Luister hier: Kontak die kantoor in Mbombela by 013-101-3720 of 060-532-2118 of [email protected].

Panarottis Riverside Mall-wenners aangewys

Neala Dos Santos, Mila Oosthuizen en Mason Eisen is die wenners van die Panarottis Riverside Mall-kompetisie. Hulle is gekies as die nuwe stemme van die restaurant se advertensies op 100.5FM. Hulle wen pizza-partytjies vir ‘n groep maats en elke deelnemer aan die kompetisie word beloon met ‘n geskenkbewys van Panarottis Riverside Mall. Hulle kuier by […]

Vusi Mahlasela Saterdag in Sudwala Grotte

LIVEveld en Music Experience bring die legendariese Vusi Mahlasela na die Laeveld se asemrowende Sudwala Grotte hierdie Saterdag op Valentynsdag. Werner Botha en Adriaan van As gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Monicah Zulu vind weer skoonheid na trauma

Die plaaslike entrepreneur en sakevrou, Monicah Zulu, het na sy haar baba verloor het Beauty in the Broken geskryf om ander te help om van groot trauma en verlies te genees. Luister: