‘n 69-jarige Kanadese toeris is gisteraand noodlottig gewond in die Krugerwildtuin.
Volgens SANParke blyk dit dat ‘n private gids per abuis ‘n vuurwapen afgevuur het en die gas gewond het.
Hulle was deel van ‘n groep wat buite die wildtuin tuisgegaan het, maar die park besoek het vir ‘n bosbraai wat deur ‘n privaat konsessie-operateur aangebied is by ‘n piekniek-area in die omgewing van Phabeni-hek.
Die gids is verbonde is aan die operateur.
SANParke het sy medelye met die naasbestaandes van die toeris betuig.
SANParke se woordvoerder, JP Louw:




