Kultuurnaweek in Kaapsehoop met Elma Potgieter

Nagkantoor in Kaapsehoop bied die naweek ‘n kultuurnaweek met die joernalis en aktrise Elma Potgieter aan. Isobel Potgieter vertel meer oor die twee uitsonderlike vertonings in Blaas hoog die vlam en Vrou vs. Vrou sowel as ‘n boekbespreking oor Doolhof van leuens wat jy nie wil misloop nie. Luister weer:

Borgtog vir gids wat per ongeluk toeris in Krugerwildtuin doodskiet

Die 38-jarige man wat gearresteer is weens die skietdood van ‘n Kanadese toeris in die Krugerwildtuin verlede week is borgtog van R5,000 toegestaan. Goodman Nkosi is ‘n direkteur van die toerismemaatskappy. Hy het Vrydag in die Masoyi-landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen. Volgens die Mpumalanga polisie is […]