Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas.
Volgens dr. André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig.
Hattingh sê hulle het vanjaar ook hul landwye roete ietwat aangepas.
Luister:
Luister ook ons onderhoud vroeër met Caleb se ma, Lana: Help baba Caleb op sy reis na heling





