Die man wat in hegtenis geneem is weens die moord op sy polisiebeampte-vrou in Ntunda naby Tonga verlede week, het gister weer in die Nkomazi-landdroshof verskyn.
Sipho Ngomane (48) het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak na sy arrestasie weens huishoudelike geweld waartydens hy na bewering sy vrou doodgesteek het met ‘n mes.

Volgens die Mpumalanga polisie is sers. Vuyisile Joyce (43) verskeie kere gesteek.
Die staat staan Ngomane se borgtog teen en hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 15 Desember.




