Vierde ontsnapte man heraangekeer

misdaad

‘n Vierde verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gister in Kabokweni  aangekeer.

France Malatjie is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het.

France Malatjie

Nog drie voortvlugtiges is tot dusver herarresteer. 

Malatjie sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding.

Twee ander, Fana Fenyane en Isaac Malope, het gister in die hof verskyn.

Die saak is uitgestel tot 26 Februarie. 

Derde verdagte wat uit Lydenburg ontsnap word aangekeer, 4 Desember

‘n Derde verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gister by Manyeveni in Kabokweni  aangekeer. 

Isaac Malope  is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het.

Isaac Malope

Hulle word van ondermeer moord, verkragting, vuurwapenbesit en opsetlike saakbeskadiging beskuldig.

Nog twee voortvlugtiges, Clayton  Flank en Fana Fenyane, is reeds herarresteer.

Malope sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn.

Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om die polisie te laat weet indien hulle die ander drie voortvlugtiges gewaar.

Tweede verdagte wat uit Lydenburg ontsnap heraangekeer, 3 Desember

‘n Tweede verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gisteraand in Limpopo aangekeer.

Fana Fenyane is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het.

Fana Fenyane.

Hulle word van moord, verkragting, vuurwapenbesit en opsetlike saakbeskadiging beskuldig.

Nog ‘n voortvlugtige, Clayton  Flank, is Sondagoggend in Lydenburg herarresteer.

Fenyane sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn.

‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Mpho Nonyane-Mpe, versoek die publiek om die polisie te laat weet indien hulle die ander vier voortvlugtiges sien.

 

Luister:

Een verdagte herarresteer na ses uit aanhouding in Lydenburg ontsnap, 1 Desember

Die polisie het ‘n verdagte herarresteer wat uit die aanhoudingselle van die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het. 

Ses verhoorafwagtende mans se ontsnapping is Saterdagoggend tydens ‘n inspeksie ontdek toe beamptes ‘n lekkende pyp opgemerk en later ‘n gat in die selmuur gevind het. 

Hulle word van moord, verkragting, vuurwapenbesit en opsetlike saakbeskadiging beskuldig. 

Clayton Flank.

Clayton Flank is vroeg gisteroggend naby ‘n sportveld in Kellisville in Lydenburg aangekeer. Hy sal vandag aangekla word van ontsnapping uit aanhouding in die Mashishing-landdroshof. 

Fana Fenyane, Isaac Malope, France Malatjie en Mosambiekse burgers Sergio Mandoza en Francisco Vasco Maganja is steeds voortvlugtig. 

‘n Polisiewoordvoerder, kapt. Mpho Nonyane-Mpe, sê hulle versoek die publiek om die polisie te laat weet indien hulle hulle gewaar en om hulle nie te konfronteer nie.

 

Luister: