‘n 10-jarige seun het gistermiddag by Kwena-dam verdrink.
Volgens sy ma het die gesin visgevang en die kinders het naby die water gespeel toe hulle om hulp begin skree het.
Die seun se pa kon een van die kinders red, maar Moeketsi Baadjie het ongelukkig verdrink.
‘n Polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, sê duikers van die K9-eenhede in Lydenburg en Witrivier het sy liggaam uit die water gehaal.
Die polisie in Lydenburg het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
Luister:





