Borgtog vir vrou wat glo plasenta verkoop in Lydenburg

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.

‘n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy menslike weefsel onwettig besit het, is borgtog van R10 000 toegestaan ​​toe sy vandag weer in die Mashishing-landdroshof verskyn het.

Rose Mnisi (39) is verlede week in Lydenburg met menslike plasenta in haar besit in hegtenis geneem.

Sy werk as ‘n skoonmaker in die kraamsaal van ‘n plaaslike hospitaal.

Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, sê sy is in hegtenis geneem na die polisie ‘n wenk ontvang het oor ‘n vrou wat potensiële kopers vir menslike liggaamsweefsel soek.

Luister: 

Die saak is tot 4 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Sy is intussen deur die Mpumalanga Departement van Gesondheid geskors.