Die moordaanklagte teen Sonell Joubert is vanoggend van die rol geskrap in Tonga.
Sy is aangekla weens die moord op Jurgens Nel, ‘n werknemer op die plaas in die Onderberg waar sy woon, vroeg in Februarie.
Joubert het in haar beëdigde verklaring aangevoer dat sy haarself met ‘n mes verdedig het na hy haar aangeval het.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga se woordvoerder, Monica Nyuswa, het die hof geweier om die saak weer uit te stel vir verdere ondersoek.
Sien ook: Unchained Network help vroue in aanhouding
Volgens Nyuswa beplan die NVG om saam met die polisie die ondersoek te finaliseer en die saak weer in te stel.