Polisiebeamptes aangekeer weens beweerde korrupsie

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Drie polisiebeamptes verbonde aan die Witrivier-blitspatrollie is gistermiddag gearresteer omdat hulle na bewering ‘n voertuig begelei het waarmee dagga vervoer is.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, luit. kol. Jabu Ndubane, is hulle saam met die beweerde dwelmhandelaars op die N4 naby Matsulu vasgetrek.

Die beamptes was aan diens, in uniform en in ‘n polisievoertuig.

Die 107 sakke dagga is na raming miljoene werd.

Die man en vroulike verdagte word afsonderlik van die polisiebeamptes aangekla.

Hulle sal môre in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Luister: