Polisie behaal Paasnaweek sukses met Operasie Vala Umgodi
Written by Mireille on April 22, 2025
Verskeie verdagtes wat as deel van Operasie Vala Umgodi gearresteer is die naweek, sal vandag hul eerste hofverskynings maak.
Sewe-en-twintig verdagtes is Saterdag tydens ‘n ontwrigtende operasie in die Barberton-omgewing in hegtenis geneem.
Elf is ongedokumenteerde buitelandse burgers.
Een verdagte is in besit van springstof gevind en ‘n ander was in besit van ammunisie.
Nog ‘n verdagte is weens die besit van dagga aangekeer.
Nege het in die openbaar gedrink.
‘n Multidissiplinêre span het ook Vrydag 13 ongedokumenteerde verdagtes in die Simile informele nedersetting naby Sabie gearresteer.
Daar is op verskeie stukke onwettige mynboutoerusting beslag gelê.
Author
Mireille
You may also like
Continue reading
