100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gruongeluk eis een bestuurder op R40

Written by on February 19, 2025

‘n Gruongeluk het vanoggend die lewe van ‘n motorbestuurder geëis toe sy voertuig met ‘n bakkie gebots het op die R40 buite Nelspruit tussen Church Unlimited en TUT.

Martin Jeffrey van Emer-G-Med sê hulle het om omstreeks 06:00 die oproep ontvang.

Volgens ‘n ooggetuie het die BMW baie vining gery en beheer verloor en teen die Nissan Navara dubbelkajuitbakkie gebots.

Die bestuurder van die BMW is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die bakkie is beseer en Mediclinic toe geneem vir behandeling.

Sien ook: Beplan volgens wat jy weet, sê ekonoom – Radio Laeveld