100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

AfriForum maak Mbombela se parkies mooi

Written by on January 28, 2025

AfriForum se Nelspruit-tak het die nuwe jaar afgeskop met die fokus op die groenstroke en parke.

Die organisasie beplan weeklikse skoonmaakprojekte om openbare ruimtes op te knap en inwoners se lewenskwaliteit te verhoog.

Die tak het verlede week in Steiltes weggespring en die parkie in Melkweg-weg in die Steiltes-natuurreservaat skoongemaak.

Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê die nuwe fokus is weens hul ernstige bekommernisse dat Mbombela-munisipaliteit parke en groenstroke swak bestuur.

AfriForum het Mbombela-munisipaliteit op 23 Januarie skriftelik versoek vir ‘n gedetailleerde bestuursplan, asook die begroting en besteding vir die instandhouding van groenstroke en parke in die stad.

“Dit is van kardinale belang dat inwoners insig kry oor hoe belastinggeld aangewend word en watter stappe geneem gaan word om die huidige tekortkominge die hoof te bied,” sê hy.

Van Heerden glo die skoonmaakprojekte sal die estetiese waarde van die omgewing verbeter en ‘n positiewe impak op die gesondheid en veiligheid van inwoners hê.

Hul volgende teiken is Enterprise-singel.

Sien ook: Mama Sipiwe ‘n ware inspirasie