100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke vra geduld met ondersoek na olifant toeris doodtrap

Written by on January 28, 2025

SANParke vra die publiek om op te hou spekuleer oor die omstandighede rondom die dood Saterdag van ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin.

Shaik Adam Shabir Ammed (59) is deur ‘n olifant vertrap toe hy saam met sy kleinkinders by Malelane-hek foto’s geneem het.

Ammed is vanaf Mkhondo (voorheen Piet Retief). Hy is Maandag begrawe.

Volgens Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, dui ooggetuienis daarop dat twee van Ammed se kleinkinders die bosse ingehardloop het, die olifant hulle bestorm het, en dat hul oupa hulle probeer beskerm het.

Lees meer: Olifant trap besoeker in Krugerwildtuin dood

Phaahla sê die spesifieke dier kon nie geïdentifiseer word nie.

Luister: 

Die polisie is besig met ‘n nadoodse ondersoek.