Twee bly in aanhouding weens steroïedes, dwelms
Written by Mireille on January 27, 2025
Twee mans kan Woensdag om borgtog aansoek doen na hulle aangekla is van handel in dwelms en oortreding van die wet wat medisyne reguleer.
Wesley Baillie (33) en Fabian Roets (24) is Donderdag deur die Valke gearresteer met skedule medisyne en steroïedes ter waarde van R125 000 in hul besit by ‘n winkel by Grove-sentrum in Riverside.
Bailley, wat by die winkel werk, kon nie permitte daarvoor lewer nie.
Volgens die Valke het hulle by hul huis op dwelms afgekom, insluitend CAT, LSD, morfien en dagga met ‘n geraamde waarde van R25 000.
Hulle het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding.
Sien ook: Opdatering: Olifant trap besoeker aan wildtuin dood – Radio Laeveld