100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man wat Duitse toeris doodskiet binnekort gevonnis

Written by on January 17, 2025

Die man wat in Oktober 2022 ‘n Duitse toeris op die Numbi-pad doodgeskiet het tydens ‘n mislukte kaping het vandag weer in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verskyn.

Jorg Scharr is noodlottig gewond tydens die aanval, onderweg na die Krugerwildtuin.

Joseph Nyalunga is intussen skuldig bevind aan moord, poging tot roof en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Hy het homself vanoggend in die hof verteenwoordig na hy gister sy regsverteenwoordiger die trekpas gegee het.

Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, is die saak tot 31 Maart uitgestel vir die voorvonnisverslag.

Hy bly in aanhouding.

Sien ook: Vyf in Nelspruit gearresteer na moord op polisiebeampte in Ermelo – Radio Laeveld