Kabeldiefstal, kabelfoute hou dele van West Acres in die donker
Written by Mireille on January 10, 2025
Sommige inwoners van Blok 14 in West Acres betree vandag die vierde dag sonder elektrisiteit by hul huise.
Mbombela het Dinsdagoggend die kragtoevoer onderbreek om noodsaaklike instandhoudingswerk aan die substasie te doen.
Dit is intussen afgehandel, maar dele van die area gaan sedertien gebuk onder onbeplande kragonderbrekings.
Thea Rix gesels met Sonop Ontbyt.
Luister:
Herstelwerk aa Alibamastraat behoort voor 18:00 afgehandel te wees. Elektrisiteit is herstel na Geelhout, Chestnut en omliggende strate sowel as N’tulo. By Ithaba Estate het ‘n part in die substasie ingegee. Herstelwerk word gereёl.*
*Hierdie artikel is net voor 16:00 geredigeer om die jongste inligting in te sluit.
Sien ook: Onsekerheid oor Ramaphosa se bywoning van Mosambiekse presidents-inhuldiging