Vrou gevonnis wat potte maak van gesteelde Eskom-kabels
Written by Mireille on November 25, 2024
Nombango Claudia Mogiba is Donderdag deur die Calcutta-streekhof gevonnis vir die besit van gesteelde eiendom in die vorm van Eskom-kabels.
Sy is in Januarie in die Mkhuhlu-omgewing tydens ‘n soek- en beslagleggingsoperasie in hegtenis geneem.
Aluminiumkabels sowel as aluminiumpotte, vervaardig uit gesmelte Eskom-koperkabels, met ‘n geraamde waarde van R30 000 is op haar eiendom ontdek.
Sy is gevonnis tot ‘n boete van R10 000 of vyf jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.
Sien ook: LUR besoek Nkomazi weens veediefstal